Dag 2179 – 2184 – Bietjie tyd

Image 58 [Desktop Resolution]

Die Johannesburgse herfs/winters is darem maar “awesome”.  Wanneer ek naweek oggende die gordyne een na die ander ooptrek dans die sonstrale deur die vensters en teken soms reënboë teen die blokkies vensters.  Die lug is ‘n blou wat ek sukkel om te beskryf en hierdie tyd van die jaar is meeste van die tuin nog groen.  Langs die huis groei daar al selfs ‘n paar pron-kertjies en klein tamatie’tjies steek hulle koppe deur die pienk en pers blommetjies.

 

Maar in die Kaap lyk dit meeste oggende anders as hier by ons.  Yollie stuur vir my Maandag oggend ‘n foto vanuit die Kaap.  Dit was net na sewe, oppad skool toe.  Die paaie was nat en die lug nog swart, want die sonnetjie het gesukkel om deur die mistigheid te breek. Honderde motor ligte het gebeur deur die oggend verkeer.

“Ons is almal sommer omge-ally deur die vreemde weer.  Selfs ons arme hond weet nie of hy moet binne of buite nie.  Dis net…. snaaks……”

sukkel sy om die atmosfeer van die oggend te beskryf.   Sy lag en gesels en ek is bly om te hoor sy klink soos haar ou self. Hulle is gelukkig in hulle nuwe huis en sy is opgewonde oor al die nuwe gordyne waarvan sy die materiaal self kon kies.  Maar gister stuur sy ‘n whatsapp,

“Ek verlang sooo baie na jou.  Voel asof ek net nie hier met mense ‘connect’ nie.  Ek het regtig nodig om te lag met ou pelle en net weer normaal te voel.”

Yollie probeer hard om vriende te maak met mamma’s by die skool.  Met een ma in besonder, ‘n oulike vrou met wie sy nogal gekliek het.  Maar dis ‘n ma wat lyk my konstant “koud en warm” blaas.  Een wat een oomblik baie vriendelik is en haar vriendin is en die volgende oomblik haar half ignoreer.  En haar houding laat Yollie twyfel in haarself.  Haar laat wonder wat fout is met háár dat hierdie vrou nie haar vriendin wil wees nie.  Sy voel sleg oor sy so hard is op haar kind – dat hy pouses moet speel met maatjies en nie een kant sit nie.  Maar nou voel sy half skuldig, want sy sukkel dan self om vriende te maak!

 

Ek ken daardie alleenheid maar al te goed.  Daardie hunkering na ‘n “sielsmaat” buite jou gesinslewe.  Vriendinne, wat jou verstaan, by wie jy jouself kan wees, wat eerlik met jou sal wees in alle tye, maar terselfdertyd dit sal wees met die grootste sensitiwiteit en liefde en omgee.  Dit hoef nie ‘n klomp vriendinne te wees nie, selfs net een of twee sal genoeg wees, want ‘n mens het tog daardie hunkering om net iewers te “belong” en in te pas.  Ek ken daardie “warm en koud” vriendskappe waar jy nie aldag weet waar jy staan nie.  Daardie vriendin vir wie jy so baie het om te bied en van wie jy so baie hou, maar dis asof sy net nie dieselfde voel oor jou nie.  Daardie tipe vriendskappe laat jou so twyfel in jouself.  Jy bevraagteken jou menswees, jou waardes, hoe jy praat, hoe jy aantrek, hoe jy optree, die ma wat jy is, die mens wie jy is.  Hoekom wil sy nie my vriendin wees nie??  Jy kyk na jouself in die spieël en jy weet jy het wonderlike eienskappe en jy weet jy sal graag jou vriendin wil wees, maar sy sien nie wat jy sien nie, so is daar eintlik iewers fout met my??  Jy wil haar in haar kanon in stuur en nooit weer met haar praat nie, maar eintlik is sy so ‘n gawe mens dat dit teen jou natuurlike instink is om haar uit jou lewe te verban.  En wanneer sy “warm” is, gee dit jou weer die gemoedsrus dat jy “actually” ‘n “flippen nice” mens is en dat sy haar sterre kan dank om ‘n vriendin soos jy te hê.

 

Ek het myself die laaste paar weke redelik afgesluit van vriendinne.  Ek was eintlik maar net heel gelukkig om in die oggende huis toe te kom, na skool, en hier rond te ploeter sonder om iemand te he om mee te gesels.  Daar was ‘n deel van my wat begin dink het dis OK om jouself “af te sny”. Om tyd saam jouself te spandeer en dingetjies te doen waarvan jy hou en dinge wat nodig is om gedoen te word.  Ek het kaartjjies gemaak en versier, verjaarsdag persente met groot kreatiwiteit gekies en toegeboks, die kinders se wintersklere uitgesorteer, te klein skoolklere uitgegooi, Manlief se 40ste verjaarsdag begin beplan, geblog sonder om te pos,  ‘n tydskrif gekoop en alleen gaan koffie drink op Vrydae.  Daar was tog ‘n lekkerte aan die alleenheid.  Maar met ‘n skok het ek eventueel besef ek begin myself heeltemal te veel afsny van die wêreld daarbuite en geen mens is gemaak om so alleen te wees nie.  Dis net nie…. normaal nie…..

 

Die feit bly ook alhoewel dat nie almal van ons “loners” is nie en dat nie almal “sosiale vlinders” is nie.  En ons moet elkeen ons eie balans vind en doen wat werk vir ons.  Ek glo dat Yollie ook haar balans sal vind, soos wat ek myne gereeld moet vind.

 

Ongelukkig vat dit net ‘n bietjie tyd…..

Advertisements

4 thoughts on “Dag 2179 – 2184 – Bietjie tyd

  1. Ek is deesdae baie lugtig vir daardie “loners”. Kyk na mense en as hulle omtrent geen konneksie met iemand in hul verlede het nie, pasop! Jy sal gou self vergete wees.

  2. Aan al d vriendinne daarbuite wat soms net voel hul het ni d tyd vir nog vriende ni: jul mis uit! Elke vriendin is nog ‘n blom in jou tuin. Almal is op sekere tye meer spesiaal, maar elkeen is spesiaal.
    Soms is JY d gekose een deur God wat daardie dag ‘n hand moet neem of net ‘n oor en koppie koffie. Hoekom draai jy so maklik weg v iemand wat net vriendskap soek? Dit kos niks.
    Hou op met kompetisie, afguns en klieks. Ons is tog seker ni meer id skool nie? Het ons nou nog nie geleer hoe om nuweling met hartlikheid en guns in jou huis toe te laat nie. Barmhartigheid strek verder as d boemelaar of d kind sonder klere. Dit beteken om jou naaste ook met guns te seen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s