Uitdaging -Stokperdjies

Ek voel soms soos “master of none” as dit kom by my stokperdjies. Ek put vreugde daaruit om kreatief te wees en iets mooi te skep. Maar ek is nie altyd te “vreugdevol” as ek die resultaat sien nie! My lys stokperdjies sluit in –

* kostuumjuwele maak

* fiksie skryf

* fotografie

* kaartjies ontwerp

Snaaks genoeg het ek hierdie week ‘n nuwe stokperdjie begin.  Decoupage op glas. Ek het visies gehad van hoe hierdie stokperdjie ‘n moontlike besigheid kan word waar mense sal bontstaan om my glasborde te kan besit. Maar die eindprodukte is ook nie heeltemal so uniek as wat ek gedink het nie. Maar ten minste het ek nou ‘n hele klomp mooi versierde konfyt en mayonnaise bottels in die huis!

Advertisements

8 thoughts on “Uitdaging -Stokperdjies

  1. Ek het nogal ook al daaraan gedink om decoupage te probeer! Sal maar sien as ek daarby uitkom. Ek wil ook altyd iets maak, en jaag en gaan koop die goed. En as ek by die huis kom weet ek nooit wat om te maak nie. Ek dink ek maak my man mal met dit! 😆

  2. Ek het twee susse … ek is die jongste Hulle doen alles met oorgawe eb ek het hierdie houding van – kyk hoe goed is hulle – ek deel in hulle maaksels hoekom sal ek nou moeite doen. Ek begin baie goed maar maak min klaar… sug… treurige vrou!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s