Dag 2197 – 2216 – Sug….

Ek het nou eers die inskrywing van Naomi gelees oor die gesprek op RSG oor blogs.  In die eerste plek is dit vir my hartseer dat so baie van ons “gereelde’s”  moes aanskuif.  ‘n Afrikaanse blog sisteem was so ‘n fantastiese platform om te gaan gesels en sommer net dinge te deel.  Nou probeer ek desperaat om my blogs wat ek nou hier pos, ook te gaan sit op litnet blogs.  Maar tevergeefs!  Ewe skielik kan ek nie meer “in-log” nie.  So asof litnet vir my se “jy wil mos waai, nou kan jy nie weer kom kuier nie.”  Ek het ‘n e-pos vir Naomi gestuur en hopelik kan sy dit uitsorteer!

 

Weliswaar het ek nou nie geluister na die praatjie oor blogs nie.  Maar wil tog my opinie lig oor blogs.  So ek gaan net gou op my “seepboks” klim!  In my opinie glo ek nie dat ‘n blog enigsins moet voldoen aan reels of ‘n spesieke formaat nie.  Individuele blogs is heeltemal te persoonlik en uniek om in ‘n boksie gedruk te word.  Meeste van ons skryf oor dingetjies wat met ons gebeur het, of oor iets wat swaar op ons harte le, of iets wat ons nie noodwendig wil/kan deel met die mense om ons nie.  Ander blogs is weer meer lighartig en daar is snaakse staaltjies of stories uit kinderdae, of daar is die weeklike uitdagings en snaakse foto’s van @tina10.  (Wat ek wens ek meer gereeld by kan uitkom!)  Jy kan jou blog so “inkleur” dat dit wie jy is, jou belangstellings of jou gemoedstoestand, duidelik adverteer.  Elkeen van ons kyk na iets anders wanneer ons mede-bloggers se inskrywings lees.  Ek hou byvoorbeeld van prentjies, maar ‘n interessante eerste paragraaf sal my ook inspireer om verder te lees.  Dan is daar ook bloggers met wie ek voel ek kan identifiseer al is daar geen kleurvolle prentjies of ‘n titel wat my trek nie.  En so hoop ek dat my persoonlike foto’s wat ek met sorg uitkies vir elke blog, vir ander lesers interessant sal wees en hulle nuuskierig sal maak oor wat in my kop aangaan.

 

My blog het nou wel in Januarie 2011 begin as inskrywings oor my depressie en hoe ek elke dag aangepak het en watter effek die terapie en medikasie op my en my verhoudings gehad het.  So ja, daar was beslis ‘n tema wat ‘n goue draadjie deur elke inskrywing gehardloop het.  Maar veral die laaste ses maande het ek begin skryf oor alles en nog wat.  En dis so lekker om daardie platform te he waar ek my woorde kan publiseer.  En ja.  My hoop is dat mense tog sal kommentaar lewer, of dit nou negatief of positief is.  Want ten minste voel ek iemand stel belang in wat ek te se het!

 

Daar is soveel honderde duisende Afrikaanse mense regoor die wereld.  Hoekom is daar nie meer van ons wat ons gedagtes en ervarings en opinies met mekaar deel nie?  Ek weet regtig nie hoe mens Afrikaanses regoor die aarbol kan motiveer om deel te word van ons “groepie” nie?

 

Dit sal so lekker wees om veral van mense wat in ander lande bly, te hoor.  Sug……

 

 

 

Advertisements

15 thoughts on “Dag 2197 – 2216 – Sug….

  1. Dit was vir my rerig hartseer toe ons Litnet blogs moes verlaat. Dit was waarlik ‘n goeie platform vir Afrikaanse bloggers. Maar die kernwoord hier is was. Die ding dat mens vir weke lank moes wag om basiese goed (wat eens gewerk het) te moet loop fix was net te veel vir my persoonlik…

  2. Ai hoe hartseer maak jy my Ek het probeer om nog bietjie aan te hou met blog maar vanmiddag kry ek eposse van iemand onder ‘n skuilnaam Ek dog eers dit is iemand wat ek ken wat sommer net speel, maar skielik word ek aangespreek omdat ek so negatief is en so lastig is met Naomi. As mens se pogings so min werd is, moet ek seker ook maar insien dat alles verlore is. Ek sukkel hier dit voel so of mens maar in isolasie blog

  3. Ja ek moet sê, my blog is een van die belangrikste goed in my lewe. Ek het al soveel lekker blogvriende gemaak dat my lewe so leeg sou wees sonder julle. Ek het ook maar ‘n leap of faith ding gedoen toe ek oortrek hierheen, ek was nie seker of iemand sou saamkom nie, maar end goed als goed.

    En ek stem saam, dit sou heerlik gewees het as daar meer Afrikaanse mense geblog het. Ek voel ons is so klein groepie. Maar aan die anderkant is dit ook heel cosy! 🙂

  4. Ek geniet dit om te blog. Net soveel so geniet ek ander se blogs ook. Ek stem nie altyd saam met almal en alles nie, maar dit bly die eerste ding ..rekenaar aan loer by fb reguit wp reader toe en lees al die nuwe skrywes. en soms voel ek so verskriklik bly as ek ‘n oudblogger van lit raakloop . Soms sit ek en ek wens ek kan blog soos ander kan blog soms net die vermoeë het om gedagtes raak te vat. Ag en ek is altyd vrek bly soos ‘n jollie kind as iemand kommentaar en my blogs lees..

  5. Ag nee! Watse sak en as is dit nou? Soms is mense se lewens effens besig en hul kom net ni by almal uit nie. Mens blog wanneer jy stilte het sodat jy jou woorde agtermekaar kan kry. En almal weet die stiltes is min in besige huishoudings.
    Ek dink baie mense lees wat jul skryf maar lewer nie noodwendig kommentaar nie. Jy weet? Dis lekker om jul stories te lees, besef ek is nie alleen op my aardbol nie. Maar het miskien nie d tyd of selfvertroue om te skryf nie. Wat sal d wereld wees sonder boeke? Skrywers het jare gelede net id koerant gelees wat mense dink. Maar hul het aangehou. Hou op om julself jammer te kry! Klim uit daai boks en hou aan skryf!! Ek lees dit. ❤️❤️❤️

  6. Ek lees ook gereeld en geniet dit. Ek mis litnet se blog, waar ons met een oogopslag kon sien, wie het geblog. Moenie reaksie van Naomi verwag nie. Ek kry die indruk, dat hulle letnet se blog ‘n stadige dood wil laat sterf, sonder dat daar ‘n vinger na hulle onbeholpenheid gewys kan word. Lyk ook asof sy verhewe is, om op ons plebs te reageer. Het darem hier baie interssante blogs raakgeloop, wat ek nooit van bewus was nie. Dankie vir ‘n goeie skrywe!

  7. Kom kom Ek wag vir ‘n nuwe blog? Wat van die uitdaging ‘Kinders’
    *fluister* weet jy hoe om maklik die kommentaar te antwoord en om jou reader te gebruik – mmmmm ek wonder nou of ek jou nie al gevra het nie?

  8. Ek mis ook Litnet se blog. Ek moet darem se Naomi het my probleem uitgesorteer en ek kon weer op my Litnet blog inkom. Gedink alles wat ek geskryf het is verlore en hang iewers rond in die kuberruim!! Ek skryf vir myself, maar dis tog lekker as weet ander mense lees dit en ek waardeer elke kommentaar.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s