Dag 2229 – ‘n Eie besluit?

Desmond Tutu

Dis groot nuus regoor die wêreld – Tutu ondersteun genadedood.  En dit in ‘n oop en eerlike, publieke, brief. 

 

Ek kan net dink hoe sekere kerkgroepe dubbel bollemakiesies slaan oor hierdie uitlating van een van die grootste “kerkmense” in ons geskiedenis.  En alhoewel hy duidelik gesê het dat hierdie sy siening is en nie die siening van sy kerk nie, word daar nog steeds ‘n groot bohaai gemaak.  Volgens mense wat sy stelling verwelkom het “Tutu genadedood as ‘n menseregtekwessie beklemtoon en nie as ‘n godsdienskwessie nie”. 

 

** “Dying is part of life. We have to die. The Earth cannot sustain us and the millions of people that came before us. We have to make way for those who are yet to be born. And since dying is part of life, talking about it shouldn’t be taboo. People should die a decent death. For me that means having had the conversations with those I have crossed in life and being at peace. It means being able to say goodbye to loved ones – if possible, at home.”

Begin die gepubliseerde brief.

“What was done to Madiba (Nelson Mandela) was disgraceful. There was that occasion when Madiba was televised with political leaders, President Jacob Zuma and Cyril Ramaphosa. You could see Madiba was not fully there. He did not speak. He was not connecting. My friend was no longer himself. It was an affront to Madiba’s dignity.”

http://www.theguardian.com/commentisfree/2014/jul/12/desmond-tutu-in-favour-of-assisted-dying?

 

Is hierdie ‘n geloofskwessie?  Vir baie mense is dit.  Op Jacaranda 94.2 het hulle die onderwerp oopgestel aan luisteraars.  Twee luisteraars het, uit persoonlike ondervinding, vertel van die vreeslike leiding van ‘n kankerpasiënt. Mense wat na aan hulle was.  Mense wat ge”drug” was en onbewus was van hulle omgewing en die mense om hulle.  Mense wat in hulle leiding, vir weke kunsmatig aan die lewe gehou is.  En hulle was van opinie dat slegs wanneer jy so iets self ervaar, jy kan verstaan hoe dit is, en hoekom hulle saamstem dat genadedood gewettig moet word.  In jou testament kan jy kies hoe jy tot rus gelê moet word, of jy jou organe wil skenk, dat as jy in ‘n motorongeluk moet wees jy nie kunsmatig aan die lewe gehou wil word nie.  So hoekom kan mens dan nie kies om te sterf soos jy wil nie?

 

My pa het oor die naweek aan ons genoem dat hy binnekort moet gaan vir sy jaarlikse ondersoek.  Bloedtoetse en prostaat en kamera’s.  En hy wou ons net laat weet dat as die spesialis iets kwaadaardig sou vind, hy gaan kies om nie behandeling te kry nie.  Ons was natuurlik geskok daardeur en ek het nie doekies omgedraai nie.

“Dad, jy is selfsugtig en dis onverskillig om so ‘n besluit te maak.”,

was my reaksie.  Ja, ek was sommer kwaad.  Hoe kan hy opgee nog voordat hy weet wat die resultate gaan wees?  Hoe kan hy so ‘n besluit maak sonder om enige van ons in ag te neem?  Sy vrou, sy kinders, sy kleinkinders?  Maar hy was nog altyd vreeslik ingestel op sy waardigheid.  Toe hy een keer in die see sy boonste stel valstande verloor en boonop iemand wat hy ken op die lughawe sien, wou hy doodgaan van skaamte.  Mense moenie sy kwesbaarheid sien nie.  Is dit ydelheid? Miskien?  Is dit die verlies aan beheer wat hom bang maak? Ek glo so.  Hy wil nie aangetrek, gevoed, gepiep word nie.  Hy wil nie fisies afhanklik wees van enige iemand nie.  Hy werk saam met mediese mense.  Hy hoor hierdie stories eerstehands en ongesensor.  So my verstand kan dit wel verstaan.

 

Dalk is dit tog ‘n besluit wat ons elkeen moet kan maak oor ons eie lewens.  Solank ek net nie die een hoef te wees wat my geliefdes se masjiene moet afsit nie…..

 

Advertisements

8 thoughts on “Dag 2229 – ‘n Eie besluit?

  1. Pixie, my eens gesonde broer van 67 jaar oud het beroerte gekry. Hy was ‘n man wat net nooit siek geword het nie. Het nie medisyne gedrink behalwe vitamien aanvullings nie. Drie dae na die beroerte moes ons die masjiene afskakel….. Hy het my laat beloof dat as so iets hom oorkom ons hom asseblief tog nie kunsmatig aan die lewe sou hou nie. Dit het my hart gebreek, maar ek het dit gedoen omdat ek sy wense gerespekteer het. Ek hoop, as my tyd kom, daar iemand sal wees wat dieselfde vir my sal doen (in dieselfde omstandighede). Ek glo ons moet vry wees om te kies om met waardigheid te sterf.

    • Sjoe Jeanne, dis baie hartseer. Dat die lewe so vinnig vir iemand kan verander. My ouma het in lyding gesterf, gekoppel aan ‘n suurstof masjien in ‘n intensiewe eenheid waar sy twee keer ‘n dag net vir ‘n halfuur mag besoek geword het. Sy kon die laaste vyf dae nie praat nie, maar sy het haar amper soos ‘n stout kind gedra, haar rug op mense gedraai, geweier om te eet, omdat sy nie daar wou wees nie. Sy het tot die einde nog liggaamlik gereageer as veral haar dogters met haar gepraat het. So sy was beslis met tye bewus van wat om haar aangegaan het. Ek probeer my bes om eerder te dink aan die op en wakker ouma wat koekies gebak het en sweeties weggesteek het vir ons, en hope drukkies uitgedeel het. Maar soms klim daardie aaklige tyd terug in ‘n mens se bewussyn in. Haar lyding en frustrasie is iets wat ek nooit sal vergeet nie.

  2. Ek het nog nie juis oor hierdie saak gedink nie. Maar toe ek Theunis Botha se reaksie op Demond Tutu sien, het ek dadelik besef: Tutu moet reg wees – ek sal eerder gaan lees wat hy skryf.

  3. Tutu is wat my betref heeltemal reg.Ek was al self verskeie kere langs geliefdes se beddens en moes hul aftakeling en vernederende verlies aan waardigheid aanskou.Wat my betref moet godsdiens hier uitgehou word,want dis menslike instellings met reëls wat antiek en nie meer van toepassing is nie.

  4. Ek het verlede ‘n dokumenter gekyk genaamd “How to die in Oregon”. Aangrypend, thought provoking, en hartverskeurend hartseer. Ek het dae aaneen gehuil. En ek kon verstaan. Die dokumenter is ook met soveel deernis geskiet dat mens amper deel voel van die familie. Doen jouself gerus ‘n guns en kyk of jy dit in die hande kan kry.

    Nadat ek dit gekyk het kon ek verstaan, en ek was vas oortuig dat ek ook daardie roete sou kies. Maar ek sukkel nog om my kop om dit te kry. Ek het soveel vrae rondom dit rakende my geloof – dis anders as wat mens net behandeling weier, hulle gee jou medisyne om te drink en dan sterf jy. En dan het ek soveel vrae rondom die dokters wat dit doen – hulle sweer tog ‘n eed om mense se lewens te red.

    As ek onemosioneel daarna kyk, en my vrae en glo opsy skuif, kan ek die mense se besluit verstaan. Maar ja, ek stem saam met jou, ek wil glad nie daardie besluit maak oor iemand se lewe nie. Erger nog, ek wil nie graag daardie besluit maak oor my eie lewe nie. Ek sou graag dat ‘n sterker Hand besluit oor my.

  5. As ‘n mens moes sterf die dag….en dit sonder die hulp van medici…sou jy jou laaste asem uitblaas…dan moet dit dan mos eintlik so wees

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s