Dag 2230 – 2232 – Mandela Dag

Image 61 [Desktop Resolution]

Valentynsdag, Moedersdag, Vadersdag, Mandela dag. ‘n Geldmaak storie, ‘n kommersiële foefie, sommer simpel en onnodig.

 

Dis heelwat mense se opinie.   Foefie of nie, ek dink dis “awesome”.  Daar is soveel dinge in ons lewens wat ons as vanselfsprekend aanvaar.  Ouma wat help om broeke korter te maak en ‘n verjaarsdagkoek te versier, Manlief wat sy rug draai op werkspolitiek om finansieël vir sy gesin te kan sorg, Dad wat moeite doen om sy kleinkinders oor naweke te sien.  En dan die meer algemene dinge.  ‘n Warm kombers, ‘n bord sop, ‘n soet lemoen, ‘n nuwe paar skoene.  Hierdie dae gee ons ‘n bewuste verskoning om hierdie mense te bedank, te wys ons waardeer alles wat hulle vir ons doen, en om onselfsugtig op te tree.

 

Maar hierdie kommersiële dae herinner ons juis aan al hierdie dinge.  (Vir die rekord, ek dink glad nie Mandela dag is komersieël nie) En vandag is Mandela dag – waar die wereld gevra word om 67 minute aan iets positief te wei, ‘n goeie daad te verrig.  Dit hoef nie iets groot te wees nie en dit hoef nie iets duur te wees nie.  Vir my gaan hierdie dag daaroor om iets te doen, eerder as om geld in ‘n blikkie te gooi of ‘n donasie te maak aan ‘n liefdadigheid.  Want dit voel net te maklik.

 

Die hele week al wonder ek wat ek kan doen.  Fisies doen.  En toe vanoggend bel mense in op 94.2 Jacaranda om te vertel waarby hulle betrokke is.  Sopkombuise, mure verf, bloed skenk, papiere in ‘n park optel, orgaanskenking.  Wat ‘n fantastiese idee, het ek besef! Dis letterlik al jare lank wat ek dreig om dit te doen, maar ek kom net nooit daarby uit nie.  Dit het my letterlik vyf minute gevat om te registreer.  Easy peasy….

 

So onthou ek toe van die bokse en bokse boeke in ons motorhuis wat net stof opgaar.  Ek het al hier en daar ‘n paar geskenk vir verskillende biblioteke, maar toe besluit ek vandag pak ek my kattebak vol.  En so het die plaaslike biblioteek ‘n hele Pick & Pay trollie vol boeke (tuinmaak boeke, resepte boeke, Konsalik omnibusse) ryker geword.  Ek glo daar gaan baie mense wees wat vreugde gaan put daaruit.

 

Nou ja. Dit was dalk nou wel nie 67 minute nie, maar dit was ‘n klein ietsie.

 

En elke bietjie help. 

Advertisements

8 thoughts on “Dag 2230 – 2232 – Mandela Dag

  1. Baie goeie idee!Ek moet erken ek het niks gedoen nie,maar ek doen dwarsdeur die jaar baie dinge vir my medemens.

  2. Dis seker ‘n goeie ding om mense te herinner om aan ander ook te dink, want baie mense is so opgeneem om te oorlewe hulle vergeet skoon van ander. Vir my en my gesin is dit ‘n manier van lewe om ander te help en betrokke te wees by arm/hulpbehoewende mense. Toe my kinders op laerskool was het ek hulle gereeld op Vrydae middae na ‘n sopkombuis in Krugersdorp Wes geneem. Dan het ons bokse vol groceries afgelaai en vir hulle poppespel gedoen, my kinders het kitaar gespeel en saam met die kinders gospelliedjies gesing. Dis ‘n manier van lewe en noudat my kinders groot is doen hulle dit steeds. My oudste kleinkind se ‘nanny’ het haar eie kleuterskool begin in Berea, toe my kleinseun kleuterskool toe is en my dogter en haar man en kind gaan gereeld soontoe om te gaan help waar hulle kan en neem bokse vol goed saam.

  3. Ons dogter wat ons uit die kinderhuis geneem het in pleegsorg, het ook saamgegaan en sodat sy kon leer om dankbaar te wees vir die kans wat sy gegun is. Ek en my man was jare lank betrokke by die kinderhuis.

  4. Dankie vir julle awesome stories. Ek dink die les wat mens kan leer uit ‘n dag soos Madiba dag is om nie net een dag ‘n jaar te help/gee nie, maar om dit meer gereeld te doen.

  5. Ons moet dit beslis meer doen, maar het die aanmoediging soms nodig. So, ek hou van sulke dae. Die tehuise waar behoeftige mense bly het ook deesdae hulle eie bibliotekies, want baie mense word uit toegelaat nie. Ek skenk gewoonlik my boeke daar.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s