Dag 2243 – 2248 – Wanneer ‘n droom net ‘n droom is

Image 63 [Desktop Resolution]

Die middelste skooltermyn was net te lank. Vir my en vir die kinders. Ek snooze meer kere as gewoonlik en ek het ‘n hele paar oggende verslaap. En dan is dit gewoonlik ‘n georganiseerde chaos van kinders opkry en broodjies pak en ‘n hoed op my kop druk voor ons by die voordeur uitvlieg. Want “oh my soul”, as iemand my by die skool sien met vuil, plat hare….

Dis die laaste paar weke vir my ‘n uitdaging om postief te wees en ek moet gereeld die duiwel van my skouer afklap. Die alewige wipplank ry van emosies het ‘n dreinerende effek wat ek sukkel om te beskryf. Miskien is dit soos iemand wat na ‘n diepseeduik sessie na die oppervlak swem net om te besef dat die boot vir jou weggery het. En dan is daar ‘n lewens instink wat inskop, want jy wil “survive”.  Maar jy het geen idee hoe lank dit gaan vat voor iemand besef jy is nie op daardie boot nie en dat jy iewers in ‘n donker see rond dryf op jou eie nie. Jy begin vervaard en desperaat water trap, jou kop bo water hou en dis ‘n konstante stryd om te keer dat die seewater nie jou longe vul nie. Drie jaar se aan-en-af terapie het my geleer om oor die donker gat van depressie te spring. Soos die “hopscotch” speletjie wat die kinders op die stoep speel. Soms gly my hak en wil-wil ek agteroor val. Wonderbaarlik kry ek dit dan tog reg om aan die kant vas te gryp en myself eventueel op te trek voordat ek heeltemal ingesuig word deur die diep donkerte. Soms wens ek daar is iemand wat aan die ander kant sit om vir my ‘n medalje or roset te kan gee.

“Well done, jy het dit reggekry!”

Depressie is ‘n alleen plek waar mens omring is met alles wat fout is en negatief is. Waar daar nie plek is vir gelukkig wees en lag en sonskyn nie. Dis ‘n haatlike plek om te besoek. Dis donker en leeg en lelik. “Claustrophobic”. En eintlik is dit ‘n plek van totale onrealisme, want veral ek, het soveel om oor gelukkig te wees en soveel om voor dankbaar te wees. Hope en hope seëninge om te tel. Maar die blerrie duiwel is lustig in my “af” tye en hy breek maklik my weerstand af.

Soms voel dit of daar mense om my is wat net alles het. Die perfekte pakket. Asof hulle voor in die ry gestaan het elke keer wat daar ‘n talent uitgedeel is. Intelligensie, mooi hare, sprankelende persoonlikheid, goeie geheue, ‘n groot hart, suksesvolle loopbaan, lange lange lysies van innerlike en uiterlike skoonheid, welvaart en voorspoed. En ek het lus om op Northcliff koppie langs die watertoring te gaan staan en vraend op Johannesburg te skree,

“Wanneer is dit my beurt? Give me a break!”,

Met tye voel dit asof alles waarmee ek my besig hou en wat ek ag as belangrik, eintlik net stof in die lug is. En nou begin ek wonder – wanneer kom ‘n mens op die stadium waar jy ‘n droom moet laat gaan? Wat gebeur in mense se lewens dat hulle besef hulle jaag na wind en hulle daardie droom vat en met seremonie en hartseer begrawe en nooit weer daaraan dink nie? Wanneer mense my komplimenteer oor hoe ek dinge op papier sê en my vra wanneer ek dan weer blog, is dit so ‘n groot motivering vir my om aan te hou skryf. Maar wanneer Sarie tydskrif adverteer hulle soek idees vir blogs, en jy ‘n idee stuur en hulle ‘n vriendelike “nee dankie” terugstuur, nou ja….. Dis net nog ‘n deur wat in my gesig toegeklap word. Mens raak nogal moeg daarvoor. Ek raak moeg daarvoor. Dit voel of ek my energie instoot in ‘n warrelwind wind wat draai-en-draai-en draai en ewe skielik net verdwyn asof hy nooit eers daar was nie.

En die volgende dag trek ek my “big girl panties” aan en begin van voor af. Blog, neem foto’s, help by die skool, bederf my ma vir haar verjaardag, maak kaartjies, help met spelling huiswerk, maak sop, ry gimnastiek en ballet toe.

Die lewe gaan aan. Drome of nie.

Advertisements

10 thoughts on “Dag 2243 – 2248 – Wanneer ‘n droom net ‘n droom is

  1. Ai toggie … ek weet is nie baie depressief nie net soms neerslagtig en loop nie in jou skoene nie, maar ek weet wel duidelik dat gewone mense nooit mooi,ryk, altyd gelukkig en maer is nie. ek sou my voor tande wou gee vir kinder… 3n dit het nooit gebeur nie. Dalk is dit weer tyd vir medikasie? Sterkte!

  2. Moet NOOIT jou drome begrawe nie – dit is al wat ons het, wat net JOUNE is. Die res moet ons deel: tyd, geld, krag, whatever. Gebruik jou depressie-tye om te skryf. Dis tydens hierdie tye wat ek geleer het om my beste skryfwerk te doen. Nes jy nou gedoen het … al is jy so desperaat, kom daar goud uit jou penvingers.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s