Dag 2249 – 2255 – Nagmerries en flou liggies

Candles

Nagmerries van weghardloop, wegkruip, verkragting, en ek wat iemand met ‘n mes doodsteek sonder enige berou. Daardie desperate behoefte om myself in ‘n kokon van warmte toe te vou en myself af te sny van die wêreld.   Om net in my sonnige, warm kamer myself as geselskap te hê. Wanneer geen boek, liedjie, tydskrif, kreatiewe aktiwiteit of kuier saam met ’n vriendin of twee, die somberheid vir ‘n rukkie kan wegtoor nie. En toe dit begin voel of iemand my teen die grond gegooi het en met ‘n swaar skoen op my bors trap, het ek geweet. Hierdeur kan ek nie alleen nie.

 

Dr Jax se huis het warm en welkom geruik. Die groot kombuis in haar Linden huis is net langs haar spreekkamer.

“My sussie kuier hier. Sy maak vir ons vegetariese maaltye om te vries.”

Teen haar een muur hang ‘n Elsbeth Eksteen skildery. Die regte egte ding, nie ‘n afdruk nie. Van ‘n meisie met bruin hare. Ek moet tog volgende keer meer in detail na die skildery kyk. Sy het ‘n ekstra bank bygekry. Dit lyk nogal asof ‘n mens lekker daar kan gaan lê en die wêreld se probleme op die mat voor jou neerlê.

“Ek weet alweer nie waar om te begin nie,”

Snif en snuif ek en Dr Jax hou die boks tissues na my uit. Dit was my woorde toe ek verlede jaar Julie vir die eerste keer op haar leerbank voor die groot venster gaan sit het.

“Praat net,”

sê sy.

“En ons edit later,”

Ek vertel haar ek reken ek het ‘n vorm van “post traumatiese stres” omdat dit vir my so erg was toe Boeta (2) uit my kar uit geval het. Ek vertel haar van die angstigheid, die swarigheid in my bors wat net nie weggaan nie. Dat ek weet die volgende stap is hiperventilasie en daardie gevoel van ek-kan-nie-asemhaal-nie. En dat ek voel ek hulp nodig het om net weer my gedagtes te orden, om sin daaruit te maak, om dit te sorteer en in aparte laaitjies te sit. Ek vertel haar van hoe doelloos ek voel. Ek het nie spesifieke doelwitte nie en ek “comfort eat” sonder om ooit beter te voel. Die teleurstelling dat Sarie tydskrif nie belangstel in my blog idee nie. Engel (9) daag my uit en selfs Japsnoet (5) is vol draadwerk. Die oggend wat sy weggekruip het, het ek skool toe gery sonder haar. My bediende het haar agter ‘n gordyn gevind.

“Wat is dit wat hierdie tyd van die jaar so uitdagend maak vir jou? Want daar is beslis ‘n patroon.”

Wil Dr Jax weet.

“Die donkerte. Dit voel so verkeerd om op te staan en dis donker buite. Ek voel claustrophobic en vasgedruk.”

“Ek hoor ‘werk’, by jou.”

Som sy my gedagte stryd so goed op. Want ek het self daaraan gedink. Ek het tot so ver gegaan as om te registeer op ‘n webtuitse, recruitmymom.

“Maar as ek gaan werk kan ek nie betrokke wees by die kinders se skool nie. Ek kan nie sport gaan kyk en hulle aanry buitemuurse aktiwiteite toe nie.”

Ek wonder of dit Dr Jax soveel “confuse” soos dit my “confuse”. Want flippen hel, ek het geen idee wat ek wil hê en hoe om myself gelukkig te maak nie!

 

“Jy is ‘n people pleaser. Iemand wat ‘n sielkundige of onderwyser moet wees. Maar dis ook vir jou belangrik om erkenning te kry. En dis nie iets wat ‘n tuisbly ma sommer kry nie.”

En dis hoekom dit so belangrik is vir my om my naam “iewers” in groot letters te sien. Erkenning.

 

Ek is ongelukkig ‘n pessimis, eerder as ‘n optimis. ‘n Beker half leeg persoon eerder as ‘n beker half vol persoon. Maar my drome is darem nog nie heeltemal dood nie.

Daar is ‘n flou liggie wat flikker wat my nog steeds motiveer om te skryf.


Advertisements

7 thoughts on “Dag 2249 – 2255 – Nagmerries en flou liggies

  1. Ai, ek verstaan so goed. Daardie penarie van kinders en tyd-saam en ma-wees. My hele lewe het verander, so baie, toe die laaste klaargemaak het met skool verlede jaar. Beter of slegter? Nie een van die 2 nie. Mens pas aan. Jy maak werk met jou omstandighede. Maar jy MOET, altyd, iets doen NET vir jou. Dit is waar die erkenning inkom, dink ek. Jy moet stteds ‘n mens in eie reg wees, met eie belangstellings en drome. Sterkte … en hou moed.

    • Dankie Kelly. Ek dink soms ek is so besig om te “worry, worry worry”, en verbal oor goed buite my beheer, dat ek vergeet om net te fokus op nou. Ek was gisteraand uit saam vriendinne. Dit was sooo lekker.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s