Dag 2256 – 2272 – I have life

Image 64 [Desktop Resolution]

In Desember 1994 het ‘n mooi, jong bruinkop vrou se lewe vir altyd verander en het sy voor die grootste denkbare uitdaging gestaan. Kies ek die moeilike opsie om te lewe, of kies ek die maklike opsie om myself oor te gee aan die saligheid van die dood.

 

Vir die van julle wat nie die storie ken nie – Alison Botha is in Desember 1994 in Port Elizabeth ontvoer deur twee verveelde Sataniste, verkrag, haar keel is 16 keer met ‘n mes gesny en sy is veelvuldige kere in haar maag gesteek met dieselfde mes. Met haar ingewande wat by haar buik uitgehang het, het sy sleep-sleep oor grond gekruip tot waar sy in die middel van ‘n straat gaan lê het. Natuurlik met die hoop dat iemand sou stop en nie oor haar ry nie. In die proses om nader aan die pad te kom, het sy haar verkragters se name in die sand geskryf.

 

Ek en twee vriendinne het die opvoering gaan kyk in Sandton Square. Ek het verwag dat die verkragting toneel grafies en ontstellend sou wees. En ja dit was. Vir minute het dit gevoel of ek opgehou asem haal het. Alison het saam met haar pa, in die ry voor ons gesit en ek kon nie eers begin om te dink hoe hy moes voel nie. Om daardie oomblikke so grafies te aanskou. Een van die mooiste dele van die toneelstuk, vir my, was waar sy amper ‘n “out of body experience” het. Waar haar gees as’t ware bo haar eie liggaam sweef en afkyk na die naakte, geslagde liggaam op die grond. En dis daar waar sy die keuse gemaak het om aan te hou veg vir haar lewe op aarde. Sy het besluit dat hierdie nie die einde sou wees van haar lewe nie.

 

Hierdie is alles behalwe ‘n feëverhaal of ‘n sprokie. Maar dit het so ‘n ongelooflike positiewe en gelukkige einde. Sy het dit oorleef, haar aanvallers is tronk toe, sy het getrou en twee seuntjies gehad. ‘n Jaar na haar aanval het sy haar permanente en veilige werk gelos en dit haar missie gemaak om ander slagoffers te help deur middel van onder andere motiverings praatjies. Sy het besluit dat wat met haar gebeur het, nie verniet sou wees nie. Daar is ‘n paar boodskappe wat vir my spesifiek uitgestaan het.

  • Die verkragting was nie haar skuld nie
  • En te midde van die brutaliteit en aakligheid van die aand was daar die ongelooflikste wonderwerke. Geen van haar belangrike organe is gesny nie. Die aand was besonder warmer as wat dit moes wees. Die man wat haar langs die pad gehelp het was ‘n veeartsenykunde student wat geweet het hoe om met haar te werk en haar kalm te hou.
  • En ‘n top spesialis was daardie aand aan diens in die staatshospitaal waarheen sy eventueel geneem is per ambulans.

 

Terug by die huis het ek haar boek gaan soek in my boekrak. Ek was so dankbaar dat die boek nie sy pad gevind het biblioteek toe nie! Dis die tipe boek wat ek in my boekrak wil hou as simbool van die mens se ongelooflike krag om te “survive”.

 

‘n Vroue tydskrif het vanoggend op hulle facebook blad gevra watter vroue inspireer ons. My antwoord was –

Any woman who turns a negative, traumatic situation or experience into something positive to help other people. Alison Botha, ‪Monique Strydom, Hettie Brittz, are only a handful of women who I admire.”

 

 

 

Advertisements

8 thoughts on “Dag 2256 – 2272 – I have life

    • Ek weet – dis of jou brein net eenvoudig vir jou se dit is onmoontlik dat iemand so iets kan oorleef. Maar sy het. So dis een van Suid-Afrika se mees amazing’ste stories.

  1. Ag nee man! Sal ek nou sommer net wil snot en trane hier uitpak! Ek het geweet van Alison se nagmerrie (alhoewel nagmerrie gans en al tekort skiet om wat sy deurgemaak het te beskryf) maar het nie geweet van die wonderwerke wat haar daai aand getref het nie.
    Sy is rerig ‘n inspirasie die dame! Moet plan maak om haar boek te kry…

    • Ek het die boek seker tien jaar terug gelees. Die toneelstuk was ongelooflik goed uitgevoer deur baie talentvolle akteurs. En om dit te kyk het my net weer herinner aan hoe amazing mens se wil om te leef kan wees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s