Dag 2496-2509 – Krap waar dit nie jeuk nie

1-20151015_184502

Een aand, nie te lank nadat ons teruggekom het van ons naweek in Franschoek nie, speel Manlief rond op die internet. Aanvanklik het ek nie juis ag daarop geslaan nie, maar ek was tog nuuskierig om te sien waarmee hy besig was. Hy was besig om te kyk na British Airways vlugte. En my maag het so op ‘n knop getrek, dat ek skoon opgooi naar geword het.

 

 

“Jeuk jou gat nog steeds?” ,

het ek sarkasties-vererg in sy rigting gevra. Asof ek nie bewus is van die feit dat my toon die hare in sy nek gaan laat regop staan nie…. Vir my was hierdie ding afgehandel. Hy gaan by Firma W begin werk, ons gaan trek na ‘n meer moderner huis toe, die kinders kan aangaan met hulle buitemuurse aktiwiteite, ek kan my vriendinne en familie verseker ek gaan nêrens heen nie, en wallah, alles is soos dit moet wees.

“Ek het jou gesê Engeland is nog nie heeltemal uit die prentjie uit nie.”

het hy ewe kalm teruggeantwoord.

“Maar jy het dan nou ‘n goeie werk gekry? Ek weet regtigwaar nie hoeveel van hierdie onsekerheid ek kan hanteer nie”,

het ek myself verdedig. Want ek sweer dis net deur genade dat ek nog nie weer van die bus af geval het nie. Dat angsaanvalle bloot ‘n vêr nagmerrie herinnering is. Maar ek het geweet ek stry verniet, want die pos in Engeland was nog altyd sy eerste keuse. Ek het gevoel om, soos ‘n stout peuter, die vloermoere van alle vloermoere te gooi.

“Ek gaan nêrens heen nie en jy kan my nie forseer nie!”

Maar ‘n veertig jaar oue vrou wat skoppend en skreeuend op die studeerkamervloer rondval, sou net eenvoudig nie gepas gewees het nie.

So klim ek toe, saam met Manlief, op die 10de Oktober op ‘n vliegtuig oppad Londen toe. My emosies was ‘n totale warboel. Dit het gevoel of ek op die rand van ‘n afgrond staan. ‘n Groot gat van niks voor my, en ‘n rooiwarm, naderende vuur agter my. Ek het bitter gevoel teenoor my man, dat hy my wil wegvat van alles waaraan ek so hard gewerk het. My inner geluk, nuwe vriendskappe, ‘n beter verhouding met my ma.   Waarom wil hy hierdie gemaksone mat so wreed onder my uitruk? En wat as ek voet by stuk hou en besluit dis hier waar ek wil wees? Gaan hy my altyd verwyt? Gaan dit soos ‘n sielsvretende virus tussen ons kom lê?

Ek het besluit om saam met hom te gaan, om alles self te sien en beleef. Wanneer ek dus vir hom sou sê dat ek nie kans sien om terug te gaan Engeland toe nie, sou dit ten minste ‘n meer ingeligte besluit wees. En dalk hou hy in elk geval nie van die firma, of die omgewing of die salaris pakket nie?

I have to give him a chance.

Advertisements

5 thoughts on “Dag 2496-2509 – Krap waar dit nie jeuk nie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s