Dag 2273-2276 – Een rigting vorentoe

7 Hope

Ons drie “girls” is nou al vir twee weke en ses dae alleen.   Dankie tog vir whatsapp en facetime en dat ons nie meer soos donkiejare terug, afhanklik is van telegramme en briewe nie. Manlief sê juis vanoggend dat dit verskriklik erg moes gewees het in tye van oorlog. Waar die mans hulle families sou verlaat het om in ‘n oorlog te veg wat nie eers noodwendig hulle oorlog was nie. Waar die man en vrou se enigste vorm van kommunikasie met mekaar geskrewe briewe was. Wat weke sou vat om hulle bestemmings te bereik. Hulle het nie eers geweet wanneer hulle mekaar weer sou sien nie, en in watter toestand haar eggenoot eventueel sy pad sou terugvind huis toe nie.

 

Ek sal eerlik wees – dit is nie maklik nie. Soos wat ek ouer word, word ek in baie opsigte emosioneel meer onafhanklik. Ek het nie my man en kinders, of mense, om my nodig 24 uur ‘n dag nie. Ek het besef ek het ‘n besliste balans nodig tussen my eie geselskap en om tussen ander te wees. ‘n Kuns wat ek die laaste jaar of so redelik goed bemeester het. Dis maar deel van my “emotional survival”. Maar hierdie is anders – “virtual hugs and airblown kisses” is nie heeltemal dieselfde as die sagte aanraking van ‘n hand op myne nie. Hierdie afstand gee beslis ‘n grootter waardering vir mekaar, want hoe gaan die gesegde – “distance makes the heart grow fonder”.   Japsnoet vra gereeld hoe lank dit sal wees voor ons weer vir Daddy sien. Die 20ste Februarie kom hy darem vir ‘n week huis toe. Maar selfs vier weke in ‘n 7jarige se lewe voel soos ‘n leeftyd.

“Daddy will be away for a little bit longer than last time,”

is my standaard antwoord. Engel (10) nou weer wil net wanneer, en of, ons gaan trek Engeland toe.

“It is so nice being able to walk everywhere and feel safe,”

was die wysheid uit haar mond gisteroggend oppad skool toe. Projekteer ons op ‘n onbewustelike manier tog ons vrese op ons kinders? Dis donker julle kan nie meer swem nie, ons moet die alarm aansit, draai op julle vensters wanneer ons by die robot stop, het jou maatjie se pa al ooit iets gedoen wat jou ongemaklik laat voel? Genade, al die monsters waarteen ons ons kosbaarste besitting, ons kinders, moet beskerm.

 

Manlief bly op die oomblik in ‘n bed en ontbyt in St Albans, Hertfordshire. Ironies genoeg, reg agter die woonstelle waar ons vir vier jaar gewoon het. Hy doen ‘n bietjie werk vir Firma Engeland, maar tussendeur het hy al ‘n paar positiewe onderhoude gehad met agentskappe en was daar darem ‘n handjievol mense wat hom in direkte kontak gesit het met maatskappye in Londen. Het jy al ooit ervaar hoe klein jou netwerk skielik word wanneer jy mense begin opvat op hulle offers?

“Ek het baie kontakte; jy sal nooit sukkel om ander werk te kry nie; bel my die dag as jy werk soek; ek ken so-en-so persoonlik”.  

Dit is juis daardie grootpraters wat stil-stil uit jou lewe verdwyn en heimlik hoop jy kontak hulle nie weer nie. Daardie grootpraters is ewe skielik vreeslik goed daarmee om hulleself baie, baie klein te maak. So gereeld is dit dan dié van wie jy dit amper die minste verwag, wat moeite doen en daar is vir jou.

 

Die skooljaar het begin teen ‘n spoed van 120km/h! Ek is alreeds uitgeput van al die rondry en kosblikke pak en wit skoolsokkies merk, maar ek kla regtig nie. Die besig bly is noodsaaklik vir my “emotional survival” en dis belangrik dat die kinders se lewens so normaal as moontlik voortgaan. Elke dag sê ek dankie vir Japsnoet (7) se ongelooflike Gr 1 juffrou en ek bewonder Engel (10) vir haar selfvertroue en skielike volwassenheid. Sy gee die honde kos sonder om te kibbel, sy bring handdoeke wanneer reënwater teen die TV kamer se muur afloop, sy troos as sy sien ek voel hartseer en soggens hoef ek haar nie twee keer te vra om op te staan nie. Japsnoet is my kind wat sal agterkom as ek ‘n nuwe rok aanhet of my sal komplimenteer op ‘n nuwe kleur naelpolitoer. Engel nou weer, is die een wat op ‘n emosionele vlak meer “connected” is, asof sy ‘n aanvoeling het vir die feit dat haar ma die laaste tyd net ‘n bietjie minder “weerstand” van haar kant af nodig het! Hulle is een van die grootste redes vir my opstaan en aangaan en baklei teen die duiwel wat so op my skouer kom rus.

 

Manlief het, soos te verwagte, ook maar sy oomblikke van twyfel en tye wat hy terugkyk en wonder hoekom hy sekere dinge nie anders gedoen het nie. Daar was reeds heelwat nuwe lewenslesse en die wete dat ons in die toekoms sekere dinge anders sal doen en benader.

 

Maar vir nou klou ek net vas aan die idee van hoop.

Advertisements

10 thoughts on “Dag 2273-2276 – Een rigting vorentoe

  1. Jy klink baie positief en ek is sooo trots op jou. Wonderlike ma, ken jou kids en dra hul oppi hart. God is by jou elke sekonde vd dag. Hy ken jou. Moenie moed verloor nie.
    Lief jou!
    Kaapse draai.

  2. Ek dink jy doen baie goed en jou twee girls ook – sterkte, 20 Februarie is nog n entjie. Hoop en glo – klou vas met albei hande!
    Sorry ek is nou nie 100% seker nie, is julle 3 girls tans in Siud-Afrika?

    • Ja, ek en die kinders is nog hier in Johannesburg. Ons huis is nog nie verkoop nie, so in ‘n mate is dit ook seker ‘n goeie ding vir nou. ONs is darem nou in Februarie so die tyd kom nader 🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s