Dag 2315-2319 Die ooievaar, bytjies en seks

9 Growing up

Na ses lang en baie stresvolle weke, het Manlief kom kuier vir 10 dae. Nie net was dit natuurlik fantasties om hom weer by die huis te hê nie, maar ek was so verlig om al die dinge wat verkeerd geloop het, in sy bekwame hande te laat. Die groen swembad, die TV kamer se dak wat tydens elke reënbui lek, die skuifhek wat nie krag het nie, ens, ens.

 

Ons lewe het amper weer normaal gevoel – saam kerk toe, braaivleis op warm hoëveld aande, “driving range” toe saam die kinders, hy wat weer fietsry, almal saam by Engel (10) se gala, ‘n Sondagmiddag met McFlurrys op Northcliff koppie. My roetine sonder hom, het eintlik heel anders gelyk so dit was amper gerusstellend om weer in ons ou patrone in te val. Een van daardie ou patrone was om soos oudergewoonte saam Binnelanders te kyk, en hom natuurlik op hoogte te bring van die 6weke wat hy gemis het. Surrogaatskap was weer ‘n groot onderwerp en die Engel (10) en Japsnoet (7) was vol vrae. Hoe kom die baba in iemand anders se maag, hoe gaan sy geboorte gee, en wat as sy nie die baba wil teruggee nie? Engel se vrae was baie dieper wat my laat besef het ek moet regtig nou my skaam in my sak druk en met haar praat oor “waar baba’s vandaan kom”. Iets wat ek al die laaste 8 maande wou doen, maar waarvoor die tyd net nooit reg was nie. Soos wat dit maar is met enige sensitiewe onderwerp wat bespreek moet word. Toe sy my dus een aand voor bed met ‘n groot stelling konfronteer, het ek besluit dis sulke tyd, alhoewel ek glad nie voorbereid was nie. I basically decided to wing it.

“How does single moms have babies? You have to have sex to have a baby?”

was, die vraag. So het ek toe maar verduidelik dat twee mense nie altyd getroud hoef te wees om ‘n baba te kan hê nie en dat verhoudings nie altyd werk nie en dan moet die ma alleen haar kinders grootmaak. Of soms skei mense, want hulle is net nie meer lief vir mekaar nie. En toe maar die verduideliking gegee van die duisende spermpies wat baklei om by die eiertjie te kom en van daar begin die baba te groei. Ek het net gebid dat sy tog nie moet vra hoe die spermpies by die eiertjie moet uitkom nie, want na al die maande se getop, weet ek nog steeds nie hoe om daardie vraag te beantwoord nie! Gelukkig was sy tevrede met die verduidelik en ek het gevra dat sy asseblief na my toe moet kom as sy iets wil weet, want nie al haar maatjies weet noodwendig van seks nie.

 

So staan ons een oggend, voor skool, in die kombuis. Terwyl ek my oggend koffie geniet, vars gemaak deur Manlief, vertel ek vir my gesin dat ek gedroom het ek kry tweeling baba’s. En ons het gespot oor hoe Engel en Japsnoet die tweeling se doeke sou moes ruil en hulle aan die slaap maak, terwyl ek en Manlief op “date nights” gaan. Japsnoet het met haar arms om my kom staan en haar handjie oor my rok se materiaal gevryf.

“Mommy, you look like you are pregnant,”

het sy ewe onskuldig gesê. Nee my kind, dis net die pasta wat jou ma gisteraand gehad het. Ons het maar almal net gegiggel. En toe haak Engel selfvoldaan af met –

“Mommy, you can’t be pregnant. You and Daddy haven’t had sex,”

Wel, hierdie mommy met haar pasta pens en tweeling drome\nagmerries, het nie geweet of sy geskok moes wees of hardop moes uitbars van die lag nie! Want hoe op aarde antwoord ‘n mens daarop? Ek wou haar natuurlik vra hoe sy dit weet, maar dit sou dalk net ‘n Pandora boks oopgevlêr het!

 

Weke later lê ‘n boek wat ek bestel het nog steeds in my kamer. Die idee daaraan om haar bloot te stel aan biologiese sketse van penisse, skrotums, vaginas en eierstokke is vir nou, net te veel.

 

 

Advertisements

6 thoughts on “Dag 2315-2319 Die ooievaar, bytjies en seks

  1. My kinders was in die koshuis.
    My een seun sou ‘n vraag kom vra. Ek het NET DIT wat hy vra, geantwoord.
    Dan sou hy die week daaroor dink en dalk volgende naweek ‘n volgende vraag.
    So kom hy een aand. Hy sê: “Ma, ‘n man en vrou moet mos paar om ‘n baba te kan hê.” “Ja”, antwoord ek. “So julle het twee keer.”
    Ek bars uit van die lag en hy lag saam.
    “Sien, ek weet alles.”
    Ek het my amper natgemaak soos ek gelag het. 🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s