Dag 2334-2336 – Van faff en vlermuise

10 Faff en vlermuise

Ja, tot ‘n groot mate het ons gewoond geraak aan hierdie nuwe leefstyl van ons – ‘n “commuter marriage”. Waar whatsapp en Facetime die sleutel tot ‘n normaal funksionerende familie geword het.

 

Dit het natuurlik ook gehelp dat, na Manlief se tweede terugkeer Engeland toe, dinge nie meer so verkeerd gegaan het in ons huis nie. Of het ek net beter geraak om krisisse op my eie te hanteer sonder om te veel op ander staat te maak?

 

Manlief is op ‘n kontrak projek waar hy ‘n groot deel van die week werk in Wakefield, ver noord van Londen. Hy het, sonder veel moeite (in sy opinie), sy merk gemaak en homself in ‘n posisie gesit waar hy ‘n belangrike deel uitmaak van die projek span. En hulle is maar te bly dat hy oor ‘n week weer terugkeer om die fort te gaan hou, terwyl die ander bestuurders, met geruste harte op vakansie kan gaan.

 

Ek aan die ander kant, voel asof ek net “faff”, en nie persoonlik veel bereik nie.  Ek gym nie, ek doen nie my rug oefeninge nie, ek doen nie “charity” werk nie en ek red nie die aarde van wereld honger nie.  Wanneer ek na die skool aflaai roetine nie saam ‘n vriendin fliek of saam my “single mom” vriendinne gaan ontbyt eet nie, vind ek berusting tussen die mure van my huis. Waar ek dan eintlik net doelloos rondploeter totdat dit tyd is om die kinders te gaan haal by die skool. En alhoewel dit uitputtend is, val ek gemaklik in by die op-en-af in Johannesburg se strate om betyds by swem en ballet uit te kom. Alhoewel ek ons lewe, meerendeels vir die kinders, so gewoon as moontlik probeer hou, hang ons almal soos onderstebo vlermuise en wag. Vir iets konkreet om te gebeur.  Iets wat ons uit hierdie wagtydperk gaan pluk.  Ons kan nie langtermyn planne maak nie, en alhoewel ek een is wat hou van laaste minuut uitstappies en vakansies, maak dit my tog onrustig. Kan ek kaartjies koop vir die opvoering in Mei? Moet ek vashou aan al die kinders se winterskoolklere? Sal ek nie tog maar vir Japsnoet (7) inskryf vir die Junie ballet eskamen nie? Hoekom het ek nie tog maar planne gemaak om hierdie jaar KKNK toe te gaan nie, want nou hunker my hart soontoe?  Groot, en eintlik klein ook besluite, word geskoei op die “wat asse…..

 

Ons mooi huis is nou al ses maande op die mark. Ons het reeds die prys laat val en kan nie verder nie. Dis nie die prys wat die probleem is nie, merk meer as een eiendoms agent op. Dis ‘n kopersmark. En ja, wanneer voornemende kopers hoor dat ons wil immigreer, praat hulle van belaglike offers. Ons enigste offer sover het bepaal dat hulle x prys sal betaal (nog steeds ‘n hele entjie onder die verkoop prys), maar dan moet ons ons eetkamer stel en ons leer sitkamer stel insluit by die transaksie. Deel van my wonder hoekom ek so woedend geraak het oor die offer, want dis tog net aardse goed wat vervang kan word? Maar iets het net verkeerd gevoel en die lewe se laaste paar houe het my geleer dat ek my instink moet vertrou. En die vermetelheid om te se “then the clients wants…”. So nou ja, ons het die offer van die hand gewys en onlangs ‘n derde eiendoms agent aan boord gekry. Menige Sondag is ons huis op skou waar ek vreemdelinge toelaat in die binnekring van my veilige hawe. Voete wat oor my vloere wandel, nuuskierige oë op skilderye en persoonlike foto’s, vreemde vingers wat kombuis kaste oopmaak om die spasie te besigtig.

 

Manlief is darem weer terug vir so paar dae. So daar is ‘n ekstra paar hande wat kan help om die kar te laai vir Paasnaweek by die Vaaldam, om te help stories lees, swaar sakke hondekos die huis in te dra, die gat in die badkamermuur te vul en verf – al daardie praktiese, mans goed, jy weet? En dis natuurlik lekker om daardie paar mans arms om my te voel,  waarin ek so perfek pas.

 

Nou moet die arme man net eers oor sy voedselvergiftiging kom…..

Advertisements

5 thoughts on “Dag 2334-2336 – Van faff en vlermuise

  1. Ek weet presies waarvan jy praat met die huisverkope en my huis was net drie maande in die mark. Daarna het die registrasie gesloer, ek het amper die nuwe eienaars laat aanskryf vir uitstaande huurgeld en die bank … nee, ek moenie eers daaraan dink nie. Trauma. Ek het “voorlopig” ‘n huurkontrak hier aangegaan om tyd te hê om uit te kyk vir vaste verblyf, maar nou bly ek so lekker en ek is so bly om ontslae te wees van huiseienaarskap dat ek nog nie ‘n poging aangewend het om ‘n plek te soek nie. Ek hou vakansie! Byt vas, dit sal regkom, hopelik voordat jy die eiendomsagent aanrand.

    • Ek begin ook nou dink dat om te huur vir eers die beste opsie gaan wees. Dit sal op die regte tyd gebeur, maar ek is gatvol vir mense deur my huis…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s