Dag 2347-2353 – Tasse pak en Plan B

13 Plan B

Afrikaans is my hartstaal.

 

Dis die taal waarin ek dink, baklei, bid, dissiplineer, redeneer, skryf, filosofeer…. Dis die taal waarin woorde vir my die maklikste kom. Maar verlede Donderdagaand wat die laaste spyker in die Londen doodskis gekap is, was dit snaaks genoeg in Engels wat ek emosioneel was en ook geskryf het –

 

So it is official

  • We are not moving to England
  • Manlief should be home in a weeks’ time
  • In a weeks’ time he will be just another unemployed, educated, white Afrikaans male
  • I am crying because I am happy to be staying in joburg for a little longer, because I will be staying with my friends, because I will be here for my family, because I am so f**cking scared I can’t breath, because I am unvelievably angry at the universe, because I at least know where I won’t be going, because I don’t know how my life is going to change, because I don’t understand why this happened, because wrong decisions will bring us to where we need to be, because I am embarassed, because bad things happen to good people, because life is not fair and that sucks, because there is always hope.

 

HOPE”

 

Manlief het laat weet dat Firma Engeland hom ‘n belaglike salaris aanbied om permanent aan te bly. Dat dit nie naastenby die pakket is wat hulle hom destyds gegee het toe hy by Animal Friends gaan werk het nie. En dit was die pakket waarop ons ‘n nuwe lewe kon maak in Engeland. Hy het voorgestel dat hy aanbly op ‘n maand-tot-maand kontrak, maar hulle het dit nie aanvaar nie.   Hy het dus tot die finale konklusie gekom dat Engeland nie bestem is vir ons nie. Dat die legkaart stukkies net nie in mekaar wil pas nie, en dat mens nie vormpies inmekaar kan forseer wat duidelik nie vir mekaar gemaak is nie. Dus gaan hy sy tasse pak en terugkom Johannesburg toe. En basies van voor af begin.  Dit was soos die skok van daardie Maandag in Desember van voor af.

 

‘n Dag later het hy effe begin twyfel of hy tog die regte besluit geneem het, want enige werk is tog seker beter as geen werk? Maar terselfdertyd voel ons dat Firma Engeland hom vir die wolwe gegooi het.   Hy het goeie geleenthede in Johannesburg weggegooi omdat hy die standvastigheid geoffer is van ‘n belowende loopbaan in Engeland.  En die hoop van ‘n nuwe, veiliger lewe vir my en die kinders.   Nooit het ons gedink dinge sou so skeef vir ons verloop nie.  “Once bitten, twice shy”; ons het saam besluit dat hy net nie vir mense kan werk wat hy nie vertrou nie. Wat vir my bitter teleurstellend is, is dat dit Afrikaanse Afrikaners is wat hom in daardie moeras ingestuur het. Ons “eie mense” wat die rooi tapyt van geleenthede voor hom uitgerol het en toe die slagyster om sy been toeslaan, woordeloos gestaan en staar het. Want hulle het naief nooit ‘n Plan B vir Manlief gehad nie. Hulle het met sy loopbaan ge”juggle” soos ‘n onervare nar met drie sirkusballe. Dit help my natuurlik niks om bitter te wees hieroor nie. Om kwaad te wees vir Firma Engeland gaan nie ons huislening betaal of vir hom oornag ‘n nuwe werk laat kry nie. Ons moet nou beheer neem oor ons eie toekoms en ‘n plan A, B en C hê.

 

Intussen probeer ek die angstigheid van my bors afhou. Want die onsekerheid vreet aan my, en sal nog doen. Vir ‘n hele rukkie.

 

 

Advertisements

7 thoughts on “Dag 2347-2353 – Tasse pak en Plan B

  1. Baie sterkte, dis verskriklik as die mat so onder ‘n mens uitgeruk word. Ek hoop werklik vir julle dat waar hierdie deur toegemaak het, ‘n ander een gou sal oopmaak.

  2. Hierdie is goeie lewenservaring en al voel dit op die oomblik soos ‘n ramp,gaan julle later terugkyk en bly wees dat dit so uitgewerk het.Intussen,baie sterkte met die onsekerheid.🌻🌼

  3. Sjoe. So bly jy skryf hieroor, dat jy jou angs en woede en bitter wees en bangwees verwoord en dit selfs post dat ons dit kan lees. Jy mág so voel. Ek hoop van harte dat daar vir julle ‘n wonderlike iets voorlê. Mag dit goed gaan met jou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s