Dag 2362-2366 – Toffie vir jou, Darling?

15-Darling

Groot was my opgewondenheid toe ek sien “Kamers vol Geskenke” gaan weer ‘n draai kom maak in Johannesburg. Die kaartjies was gekoop, relings gemaak, en ek en ma en ‘n vriendin, het Donderdagoggend in ons dagboeke afgemerk gehad.

 

Kyk, ek is ‘n “sucker” vir sulke markte.   Deur my faff goedjies wat ek van tyd tot tyd maak, weet ek hoeveel van ‘n mens se tyd, en jou hart, in elke item ingaan. En dit gaan gepaard met dinge soos, helder rooi verf wat jy per ongeluk op ‘n wit tafeldoek mors, jou vingers wat jy aan mekaar vas superglue, ‘n string perels wat te kort is en weer geherstring moet word. Dit vat hope geduld, kreatiwiteit en uithouvermoë. En dis harde werk, aanhoudend. Die venue van hierdie mark is ook, in my opinie, een van die mooiste geboue in Johannesburg – St John’s College.   Wanneer jy met die lang gange afstap verdwyn jy skoon in ‘n ander era in. Die klipgeboue staan stewig op ‘n bultjie van waar jy die ongelooflikste uitsigte het oor ons stad. Daar moet hope stories vasgevang lê in daardie lang gange en dan is daar naturlik die mooiste kapel. In my geestesoog kon ek sien hoe seuns met lang toga’s en kort gesnyde hare Ave Maria sing.

 

Daar was inderdaad die mooiste items om te koop by die uitstalling. En omdat jy net met ‘n kaart kon betaal, kan mens bitter maklik swig! Van shweswe “pumps” en inkopie sakke, tot houtborde en gepatroonde tafeldoeke. Hemprokke was daar hope van, dis duidelik ‘n baie gewilde kledingstuk vir die komende winter, saam ‘n paar knielengte stewels of warm kouse met oulike pumps. Daar was ‘n groot verskeidenheid juwele – murano glas, perels en silwer. T-hemde met oulike gesegdes en die fraaiste babakleertjies. Van my vriendinne wat ook by Kamers was, het almal kommentaar gelewer oor hoe duur die items was, so nie een van ons het regtig met sakke vol goed daar weggestap nie. Die slooprokkies se pryse het gewissel van R600 – R800, en die Peppertree handsakke was hier by ‘n R1,000.   As jy gehoop het om ‘n winskopie los te slaan, was dit nie die plek vir jou nie.

 

Die kosstalletjies was eintlik my gunsteling en as dit nie so ‘n reenerige, koue dag was nie, het ek veel langer daar vertoef. (Ek het nie die memo gekry dat dit so koud sou wees nie…) Daar was prego rolls, en oesters en sjampanje en sulke deeggoedjies met karamel en sjokolade binne, melkkos, eksotiese olywe en toffies… O die toffies van Darling…..  http://darlingsweet.co.za

 

Hier het ek die plastiek kaart maar laat gesels, want glo my, jy het nog nooit ‘n toffie geproe tot jy Darling Sweets se toffies in jou mond laat smelt het nie. Daar is die interessantse smake – liquorice toffee, red wine and chocolate toffee, sour fig toffee, maar my gunsteling is honey and salt toffee. O genade…. En daar is ‘n kuns daarin in hoe om die toffies te eet; jy gooi dit nie net in jou mond en kou en sluk nie. O nee! Darling Sweets se toffies is ‘n ervaring. Jy sit een in jou mond en wag dat dit saggies begin smelt, die soutigheid is die eerste smaak wat jou tong begin proe en wanneer jy die toffie stadig kou, want jy moet oppas vir jou stopsels, is dit ‘n hemelse smaak van soete kondensmelk en heuning. En as mens eers begin het, kan jy wragtig nie ophou nie. Outomaties land een na die ander in jou mond.   En as jy weer sien is dit klaar en jou hart sak tot onder in jou pantoffels waar jy op die bank sit en ‘n boek lees.   Wel, nou weet julle hoe my Sondagmiddag verloop het!

 

Nou ja, die mark wás duur en as jou bankbalans dit toelaat, kan jy daar wegstap met die mooiste ware vir jou huis en kosbare geskenke vir jou familie en vriendinne.

 

En indien nie, kan jy nog steeds op jou lysie afmerk dat jy daar was en te lekker gekuier het en met jou oë gekoop het.  En dat jy huis toe is met ‘n sak vol toffies. 

Advertisements

11 thoughts on “Dag 2362-2366 – Toffie vir jou, Darling?

  1. Ek was ook lankgelede by Kamervol se mark.. kreatiwiteit is groot talent. Oor die pryse swyg mens liewer. Ek onthou ook die man wat geblog het, ek dink hy het eenkeer vertel hy is gekeur om by Kamersvol ‘n stalletjie te kon hê.

  2. Jou opskrif laat my dink aan ‘n liedjie en nou is ek nie eers seker wat sy naam is nie. ‘n Briefie vir my darling? Of is dit ‘n liedjie vir my darling? Seker maar ‘n TOFFIE vir my darling! 😉

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s