Dag 2361-2384 – Anti-klimaks

14 Anticlimax.JPG

Na maande van drama en onsekerheid en emosioneel leef van dag tot dag, het alles ewe skielik tot ‘n halt gekom.

 

In ‘n kwessie van vier kort weke het Manlief sy eenrigting Londen-Johannesburg kaartjie bespreek, sy twee sakke gepak, vriende gegroet en die Britse winter vaarwel geroep . Ek het laerskool onderwysers, die swem afrigter en die ballet juffrou laat weet dat ons nie meer weggaan nie, stadig maar seker my vriende ingelig, opgehou “de-clutter”, winter skool uniforms gaan uitkrap en ons het die huis van die mark afgehaal. Laasgenoemde was soos die spreekwoordelike “nail in the coffin”. Daardie laaste dingetjie op die lys wat geskrap is.  Die laaste stap wat geneem moes word om “bly” ons realiteit te maak en ons wortels weer te anker.  Vir ons lewens om terug te keer na “normaal.”

 

Manlief het werk, ons hoef nie meer te stres oor wie ons honde kinders ‘n nuwe tuiste gaan gee nie, daar is nie meer tydig en ontydig vreemde kopers voete deur ons huis nie, Japsnoet (7) floreer ewe skielik by die skool en haar lees is ongelooflik en Engel (10) wil sommer weer teruggaan ballet toe. Dit voel asof meeste dinge wonderbaarlik net in plek in  geval het, asof legkaart stukkies in mekaar in begin gly. En daardie “rollercoaster” wat net nie wou ophou hoola-hoop nie, het nou sy spore gevind. So hoekom voel ek so half verlore?  Onrustig, “unfocussed”?  Dis amper asof die ewe skielike afwesigheid van drama en gereelde, wisselvallige emosies, gelei het tot ‘n tipe van anti-klimaks.   Vir so lank was dit deel van my alledaagse bestaan, van my as mens, dat dit so vreemd voel om dit nie meer te beleef nie.

 

Moet my nie verkeerd verstaan nie – woorde kan nie my dankbaarheid uitdruk oor die feit dat Manlief werk het nie. En dat ‘n gewig van my skouers af is en ons meer langtermyn kan beplan nie.  Dinge kon so ongelooflik skeef geloop het vir ons, op soveel vlakke. En soms voel dit of ek myself moet knyp om te besef dat dit nie net alles ‘n droom was nie, dat ons regtig hierdie opdraende, duwweltjie besaaide kronkelpad gestap het en heel anderkant uitgekom het. Ek reken vir my lê daar nou baie introspeksie voor. Wat wil EK hê en wat wil EK bereik? Is dit genoeg om net ‘n tuisbly ma te wees met ‘n klein fotografie besigheid wat my nie oormatig besig hou nie? Wat gaan my gelukkig maak en my die wete gee dat ek meer is as net ‘n ma vir my kinders en vrou vir my man? Teruggaan gym toe, iets kreatiefs doen soos kunsklasse of klavierlesse, “tap dancing” vir volwassenes, photoshop kursus, ‘n aanlynwinkel begin?

 

Net ek kan besluit wat my gelukkig gaan maak en wat om te doen om die anti-klimaks “downer” te omskep in ‘n blydskap. 

Advertisements

14 thoughts on “Dag 2361-2384 – Anti-klimaks

  1. Met my eerste twee kinders was ek ‘n tuisbly-ma en met Laatlam ‘n werkende ma. Vandag is daar ‘n dramatiese verskil russen my kinders. Ek glo vas dat die geborgenheid van ‘n tuisbly-ma wat TYD vir haar kinders het, oneindig baie beteken – trouens, dat julle gesin behoue deur hierdie kronkelpad kon stap, is sekerlik in oorweldigende groot mate aan jou te danke!

    • Dankie Tannie Frannie, ek dink ‘n groot deel van my besef dat ek ‘n groot aandeel gehad het daarin dat ons redelik ongeskaad hierdeur gekom het. Ek weet dat ek nie noodwendig wil teruggaan na ‘n beroep toe nie, maar ek wil graag iets konstruktiefs doen met my oggende, net meer van ‘n balans he. 😉

      • Jy moet. Want eendag is jou kinders groot en het hul eie lewens en dan het jy net jouself. So tuisbly ma is alles goed en wel – maar vind ook iewers tyd NET vir jouself. Op watter manier ook al vir jou sin maak. Maar gee jouself tyd. Ook om nou eers te “settle” na al die stres.

  2. Ja sug….. En so bly ons ook net hier.

    Wel vir nou. Daar is sprake dat my man volgende jaar op ‘n ander dorp gaan bly vir ‘n nuwe projek, maar ons het besluit dat ek en die kinders net hier gaan bly waar ons nou is.

    Hoe voel ek daaroor? Oor die UK ding is ek erg hartseer, ek het rerig uitgesien daarna. Oor die feit dat my man volgende jaar op ‘n ander dorp gaan bly? Ek weet nie. Ek is vreesbevange, maar ook effens opgewonde. Ek het nog nooit nodig gehad om op my eie te bly en 100% onafhanklik te wees nie, ek sal baie graag wil sien of ek dit kan regkry. En gelukkig sal hy net so 2 ure weg wees, so dis darem nie weg weg nie?!

    (Jammer vir die boek hier op jou blog!)

    • Deel van my was ook teleurgesteld, want daar sou soveel avonture gewees het vir ons as ‘n familie. Snaaks genoeg het ek nie gesien dat dit permanent sou wees nie, en het ek gevoel dat ons wel ons pad sou terugvind hiernatoe. Manlief was vir omtrent 5 maande weg, en ek moes leer om baie dinge vir myself te doen. Dit was nie altyd maklik nie, maar dit was nogal “empowering”. So maak die beste daarvan x

  3. Dit was eintlik vir jou ‘n baie sterkmakende ervaring,wat nou in ‘n antiklimaks verander het.Dis hoekom jy nou voel of die dam onder jou uit is.Ek het ook soos Frannie,my kinders grootgemaak,was nog nooit spyt nie en vandag ly ek ‘n vol lewe met baie afleiding en lekker dinge wat ek net vir myself doen!

    • Dit was beslis – ek het besef ek is sterker as wat ek besef het ek is, dit was nogal “empowering”. Nou moet ek net weer daardie balans vind, en ek weet ek sal, ek is maar net ongeduldig.

    • Verseker, ek wil graag my eie geld maak, net om ook te voel ek maak nie net staat op my man nie. Ek het ‘n artikel gelees oor ‘n vrou wat meer geld maak met haar aanlynwinkel as wat sy maak met haar winkel self – sy verkoop gespesialiseerde “art supplies”. So ‘n aanlynwinkel is vir my nogal “exciting”, maar ek het unieke produkte nodig. So help gerus dink!

      • Mens moet iets kry wat skaars is My sus se seun verkoop sulke elektroniese rekenaaronderdele en doen baie goed. Mens moet ook na klein verskaffers kyk want die groter besighede verkoop hulle eie goed. Wat van klere? Ek het ook ‘n vriendin wat skoolklere verkoop? Kunsgoed is lekker maar mens kan dalk goedkoper die self koop

      • My bure is kunstenaars…. Ek sal hulle bietjie vra…. Ek het self ook ‘n paar goedjies wat ek maak, so mens weet nooit nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s