Dag 2387 – 2434 – Tot hiertoe en nie verder

16 Stories

Dis meer as ‘n maand sedert my laaste inskrywing. Waar het die tyd heen gevlieg? “Life happens when you’re making other plans.

 

So, in die laaste maand het ek ‘n aanlyn geskenkwinkel begin en die Abel Lotz trilogie van Chris Karsten klaar gelees. Probeer maar deur die eerste paar hoogs Afrikaanse hoofstukke beur, dis regtig die moeite werd as jy hou van speurverhale met heelwat kinkels. Japsnoet (7) het haar ballet eksamen gedans en geslaag met 70%, Engel (10) het vir twee weke netbal gespeel en besluit daar is geen punt daaraan om in die C-span te speel nie, en besluit om eerder verder op swem te fokus. Ek het 41 geword sonder ‘n groot kattemaai, net soos ek dit wou gehad het, maar toe ek saam Ma en Kleinsus gaan ontbyt eet kry ek die grootste geskenk – Yollie het as ‘n verassing opgevlieg van die Kaap af! Ek het letterlik deurmekaar gelag en gehuil, want ek het haar juis die laaste tyd weer so begin mis.

 

Manlief het na ‘n gewik en geweeg en heelwat twyfel en introspeksie ‘n permanente pos begin in Junie, so hy begin ook nou stadig maar seker weer sy voete plant op Suid-Afrikaanse grond. Engel (10) het haar eerste rapport gekry vir die jaar, en ek is ongelooflik trots, veral in ag geneem hoe ons onsekere omstandighede haar klein wêreldjie ook onderstebo gegooi het. Bo 80% vir al haar vakke en 84% gemiddeld.  Die lang verwagte wintervakansie het uiteindelik aangebreek, waarvan daar nou net ‘n week oor is. En, ek het ‘n skoolvriendin se autobiografie in twee dae verslind. Getitel – Tot hiertoe en nie verder nie.

 

Haar boek is snaaks, “revealing”, eerlik, huil-hartseer, rou, “heart warming”, inspirerend, skokkend en baie persoonlik. Dis menslik en eg. Sy het besluit om dit van publikasie te onttrek; dié wat haar goed ken voel sy gaan seerkry. Ek kan verstaan hoekom hulle so sê, maar ek dink tog dis hartseer dat sy so baie tyd en werk in iets ingesit het wat nie gaan “buite toe” gaan nie. Sy skryf van haar eerste liefde wat ‘n verloofde geword het, en toe haar man. Van romantiese ontmoetings met ander mans, van selfmoord pogings, van twee emosioneel vernielde kindertjies wat in haar hart ingekruip het. Van ‘n egskeiding, mislukte verhoudings, ‘n diagnose van bipolariteit, haar ma se kanker en afsterwe. Maar ook van haar sukses as ‘n student, beurse oorsee, haar kleurvolle en inspirerende beroepslewe, van kinders wat terugkom…..‘n storie van eindelose hoop.

 

So kyk ek een Sondag middag op televisie, ‘n preek van die Mosaiek kerk. Dit is seker net menslik om na jou lewe te kyk, en veral die negatiewe, donker tye, en dit te sien as sleg en dat jy nooit weer daarna toe sal wil terugkeer nie. Ek kyk self terug na gebeure uit my verlede en het nog steeds vrae waarvoor ek seker nooit antwoorde sal hê nie. Die wonder oor goed kan my soms mal maak. In ‘n neutedop het dit daaroor gegaan dat alles wat oor jou pad kom, die seer, die wanhoop, die donker tye, jou maak wie jy vandag is.

 

Skoolvriendin het gereken wie sal nou oor haar wil lees? Maar daar is ‘n storie in elkeen van ons. Daar is dinge waaroor ons skaam is, oor skuldig voel, wat vernerend is. Maar dis alles deel van ons “make-up”.

 

En die belangrikste is wat mens met hierdie “make-up” doen en hoe mens die pad vorentoe aandurf.

Advertisements

7 thoughts on “Dag 2387 – 2434 – Tot hiertoe en nie verder

  1. Ja, elkeen het ‘n storie en wat ek al hoe meer raaklees is mense se honger na ware verhale. Syself moet egter besluit of sy die moed sal hê om die pad van publikasie te stap. So iets kan haar baie sterk ook maak. Dalk ‘n paar jaar wag, dit bietjie wegpak, weer uithaal en hersien. Die feit dat sy dit geskryf het, beteken dat sy dit wou uitgee. Julle ken haar en sal weet wat om vir haar aan te beveel.
    Geluk met jou kinders se baie prestasies!

  2. Dit klink asof al die stukke van die legkaart nou weer inmekaar begin val. Ek is bly. Geluk met jou kinders se prestasies. Vertel bietjie meer van die aanlyn-geskenkwinkel?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s