Dag 2481 – Oops Margaret…..

21-Margaret

Sosiale media het laat gistermiddag al hieroor begin gons. Eers was dit die gons, toe die skande, toe die grappies…..

 

Margaret, ‘n vrou van Noordwes, het die stil dorpie, Schweizer-Reneke behoorlik op die “map” gesit.

 

Sy het ‘n foto van haar, urhm, sarie (noemfie, hooha, lala, koekie), aan gestuur op whatsapp. Vir ‘n groep hokkie ma’s, in plaas van vir haar man…… “Can this get ANY worse?” sou jy wonder? Vrek ja. Die foto het soos ‘n wilde bosvuur, aangehelp deur ‘n stormsterkte wind, oor sosiale media versprei. Regoor Suid-Afrika. En heel waarskynlik, teen hierdie tyd, al ‘n paar grense en oseane ook oorgesteek. In ware Suid-Afrikaanse styl, want ons probeer mos maar altyd ‘n tragiese of stresvolle aksie omtower in iets snaaks, het die grappies die rondte begin doen. Prentjies van verkeershope met die stelling – “Traffic towards Schweizer Reneke”, ‘n ander een van ‘n man voor sy rekenaar – “My man is versot op sport, hy is heel aand op die hokkie groep”. ‘n Baie skerp inskrywing op Twitter sê – “Say what you will, but Margaret has done more for SA hockey than fikilembalula

 

Kyk, ek weet nie hóé enige iemand so iets oorleef nie. Veral nie in ‘n klein dorpie waar meeste mense mekaar ken nie. Gooi boonop tiener kinders met selfone in die mengbak, en jy sit met ‘n groot brousel.

 

Ek reken ons moet dankie sê vir die arme Margaret. Sy het ons meer bewus gemaak van die “gevare” van sosiale media. En laat dit vir ons ‘n les wees om te “double check” voor ons sommer net ‘n boodskap of foto stuur. Dis bitter maklik vir vinnige vingers om verstrengeld te raak.

 

Kom ons hoop Schweizer Reneke se Pick & Pay het ‘n “online shopping” opsie. Andersins moet die stomme vrou maar net seker maak sy is aangetrek as sy winkels toe gaan, dan sal niemand haar herken nie…..

 

OK, genoeg gelag vir een dag. Dis ‘n pragtige lente dag in Johannesburg en ek gaan vanmiddag kyk hoe Engel (11) hokkie speel.

21 Margaret2

Advertisements

16 thoughts on “Dag 2481 – Oops Margaret…..

  1. Jy verstaan nie my maag het al 3 maal GEPYN van al die lag maar heng aan die ander kant voel ek SO jammer vir die vrou. Dat die hele wereld nou moet weet hoe jou onderwereld lyk…

    • Toemaar, die trane het al geloop hier – meerendeels oor mense se kommentaar lewering. My verduideliking aan ‘n vriendin was dat die foto blykbaar baie “biologies” van aard is. Maar ek kry haar ook baie jammer, en haar kinders. Haar man kry seker baie “welgedaan” klappe op die skouer…..

  2. Ja-nee, dis ‘n verleentheid wat die Richterskaal sou laat kantel het, maar gelukkig is daar elke dag nuwe “social media viral threads” wat hierdie een mettertyd sal oortref.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s