Uitdaging -Stokperdjies

Ek voel soms soos “master of none” as dit kom by my stokperdjies. Ek put vreugde daaruit om kreatief te wees en iets mooi te skep. Maar ek is nie altyd te “vreugdevol” as ek die resultaat sien nie! My lys stokperdjies sluit in –

* kostuumjuwele maak

* fiksie skryf

* fotografie

* kaartjies ontwerp

Snaaks genoeg het ek hierdie week ‘n nuwe stokperdjie begin. ┬áDecoupage op glas. Ek het visies gehad van hoe hierdie stokperdjie ‘n moontlike besigheid kan word waar mense sal bontstaan om my glasborde te kan besit. Maar die eindprodukte is ook nie heeltemal so uniek as wat ek gedink het nie. Maar ten minste het ek nou ‘n hele klomp mooi versierde konfyt en mayonnaise bottels in die huis!

Advertisements

Uitdaging – Boeke

Solank as wat ek kan onthou was ek mal oor boeke. Voor ek self kon lees kon ek nie genoeg kry van stories nie. Ek dink deel daarvan was omdat dit ‘n geleentheid was vir my om tyd saam met my ma te spandeer. Sy het altyd vir my so mooi stem gehad. In latere jare het Trompie en Saartjie en Swart Kat gevolg en in my tienerjare Ettie Bierman en Ena Murray. Ek het gefantasieer oor ‘n vlienier of ‘n dokter wat my voete onder my sou kom uitskop! In Engeland was dit minimum ‘n boek ‘n week, want ek het ‘n 20 minute treinrit gehad werk toe in die oggende en weer 20 minute terug huis toe in die middae. En in die tyd wat ek so desperaat gesoek het vir werk, was die biblioteek die plek waar ek baie van my ure gespandeer het. Die reuk, die atmosfeer, die stilte – daar was net iets wat my gekalmeer het.

Hierdie is my boekrak tans. Dit het so swaar geword dat ek boeke moes begin uithaal. My gunsteling skrywers is tans Karin Brynard, Martina Cole, Tony Park, Lesley Pearse, om maar ‘n paar te noem. Intussen het ek ook ‘n Gobii reader gekry vir my verjaarsdag, maar hieraan raak ek nog gewoond. Die punt is – EK IS LIEF VIR BOEKE!!!
IMG_6804 [Desktop Resolution]

IMG_6806 [Desktop Resolution]